Wie is Tashia Ek het my sangopleiding voltooi in 1997 en bestuur my eie sangskool die afgelope 25 jaar in George. Ek sing self ook professioneel die afgelope 25 jaar en doen baie konserte in en om die Kaap en het ook al 'n paar keer opgetree in Gauteng. Ek sing baie tydens oggend tee funksies en vir welsynsorganisasies en het 'n passie om ander te help deur my talent. Ek rëel en bied ook talentkompetisies aan en sodoende kan ek ander help om hulle drome te bereik.
Onderaan is 'n kort lysie van waar ek al gesing en opgetree het:
5 Jaar aaneenlopend gesing tydens KKNK by verskeie verhoë, bv. RSG, Huisgenoot se TV Plus, Vonk Feeskasteel ,ATKV-verhoog en Parmalat, Dias Fees Mosselbaai Oudtshoorn skou 2002, 2004 – Saam met sangskool en as Idols beoordeelaar) Stilbaai Strandloperfees – Optrede sowel as reël en aanbied van Idols kompetisie in 2004 Ladysmith skou George skou – Optredes sowel as reël en aanbied van idols en talentkompeties vir ongeveer drie jaar Calitzdorp Malmesbury Gansbaai fees – Julie 2005 Skulpiefees, Jeffreysbaai – September 2006 Kunsteteater, George – Vol vertoning Aug. 2004 Saam met Die Burger by Game George en Garden Route Cassino, Mosselbaai – Augustus 2004 Villa Pascal, Bellville – September 2004 Tygervallei, Kaapstad – September 2004 Mosselbaai – Abbadiva vertoning Desember 2004 "Bekend Maak Bemind" – Hartenbos Desember 2004 Huisgenoot Verhoog – Hartenbos Desember 2004 Kankervereniging Tee, George – Junie 2005 Huis Belinganhof, Oudtshoorn – September 2005 Kankervereniging, George – November 2005 Eloxulweni, Mosselbaai – Desember 2005 Dias Strand, Mosselbaai – Desember 2005 Semi-finalis Patricia Lewis Supersterre 1–Desember 2005 Finalis by Egoli “Talent Search 2007” op Diaz Strand Hartenbos strandverhoog Jakaranda Kinderhuis Pretoria DPS Kinderhuis in Sinoville,
Ens..........
Verhoëe gedeel met: Mathys Roets, Ken Mullen, Nadine, Francois Hayes Christo & Cobus, Kurt Darren, Die Campbels en het 3 konserte meegemaak saam met Guillaume wat die treffer “Da Idi” gehad het, Andre Swiegers,Gerrie Pretorius, Kevin Leo, ens.
Tipe musiek wat ek sing: ABBA, Celine Dion,Ligte Afrikaans + Oorspronklike materiaal, Country, Ballades , ens
CD's opgeneem: Ek het 3 CD's opgeneem waarvan die eerste "From this Moment" en die Tweede was net genaamd "Tashia". My 3de CD “Keuses” is 'n paar jaar gelede opgeneem in Pretoria, by Johan Kelber Produksies, waarvan 7 oorspronklike nommers is en dan ook bekende liedjies. Die temalied van die CD "KEUSES" (vanuit my eie pen) is ook die temalied van 'n Christelike DVD, ook genaamd "KEUSES" wat tans beskikbaar is in christelike boekwinkels en dit word versprei deur Brettian Platemaatskappy.
Musiekvideo's Van my musiekvideo's is ook te sien op Kruiskyk wat "KEUSES" en "Die Lewe om ons" insluit. Op youtube is van my musiekvideo's gelaai onder JT Produksies. Om meer uit te vind oor JT Produksies gaan gerus op die bostaande blad. Sien onderaan 'n skakel na youtube vir een van "KEUSES" se musiekvideo's en die video van "Free Falling" is aangeheg.